Back

ⓘ Natuur




                                               

Uitgestorwe in die natuur

Uitgestorwe in die natuur is n kategorie op die IUBN-rooilys, die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys van bewaringstatus, vir spesies wat net in aanhouding oorleef het of in n gebied aangehou word buite hul historiese habitat. Nie alle diere en plante wat dus in dié kategorie val, is noodwendig uitgestorwe of selfs skaars nie. Ameca splendens is byvoorbeeld in die natuur uitgestorwe, maar was n ruk lank n gewilde vis onder akwariste. Die visse is nou minder in aanvraag en hul voortbestaan word tans bedreig. Van die reuse-Galápagos-skilpad Geo ...

                                               

IUBN-rooilys

Die IUBN-rooilys van bedreigde spesies wat in 1963 geskep is, is die wêreld se mees omvattende inligtingsbron van die wêreldwye bewaringstatus van plant- en dierspesies. Die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur is die wêreldgesag aangaande bewaringstatus. Die lys is opgestel met presiese kriteria om die uitsterwingsrisiko van duisende spesies en subspesies te evalueer. Hierdie kriteria is relevant tot alle spesies en alle gebiede van die wêreld. Die mikpunt is om die dringendheid van bewaring oor te dra aan die publiek en beleidskeppers, so wel as die internasionale gemeensk ...

                                               

Bewaringstatus

Die bewaringstatus van n spesie is n maatstaf wat die waarskynlikheid dat n spesie in die voorsienbare toekoms sal bly voortbestaan aandui. Verskeie faktore word in ag geneem by die bepaling van bewaringstatus van n spesie en dit berus nie slegs op die aantal oorblywende voorbeelde nie, maar hang ook af van die algehele vermeerdering of vermindering in bevolking met die verloop van tyd, voortplantingtempo, bekende bedreigings en so aan. Wêreldwyd word n aantal verskillende bewaringstatuslyste en ranglyste in stand gehou. Hiervan is die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur IU ...

                                               

Kritiek bedreigde spesie

’n Kritiek bedreigde spesie is ’n spesie wat op die IUBN-rooilys, die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys van bewaringstatus, aangedui word as hoogs waarskynlik om in die natuur uit te sterf. Daar is tans 2 129 diere en 1 821 plante wat as "Kritiek bedreig" geklassifiseer is, in vergelyking met 1998 se syfers van 854 en 909 onderskeidelik. Omdat die rooilys nie ’n spesie as "Uitgestorwe" klassifiseer voordat uitgebreide opnames gedoen is nie, kan plante en diere op die lys van kritiek bedreigde spesies reeds uitgestorwe wees. ’n Nuwe kategori ...

                                               

Veilige spesie

’n Veilige spesie is ’n kategorie op die IUBN-rooilys, die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys van bewaringstatus, vir diere en plante wat nie kwalifiseer vir enige ander status soos bedreig, byna-bedreig of kritiek bedreig nie. ’n Spesie behoort nie in dié kategorie geplaas te word sonder deeglike evaluering van sy bevolking nie. Genoegsame inligting is dus nodig om te bepaal dat geen bedreiging die spesie in die gesig staar nie. Hoewel die IUBN "Veilige spesies" nie beskou as ’n ware rooilyskategorie nie, val 15 636 spesies nog in dié kateg ...

                                               

Kalsiumkarbonaat

Kalsiumkarbonaat is n kalsiumsout van koolsuur. Dit het die formule CaCO 3. Kalsiumkarbonaat of kalksteen kom in groot hoeveelhede voor in die natuur in die vorm van die minerale kalsiet en aragoniet. Kalksteen word al baie eeue gebruik in die bounywerheid, byvoorbeeld in Portlandsement.

                                               

Ekotoerisme

Die meeste definisies van ekotoerisme het vier basiese elemente gemeen, naamlik: Ekologie, sowel as kultuur; Opvoeding oor, en vertolking van, die natuur; Plaaslike ekonomiese voordele. Die toeris se ondervinding in n natuurlike omgewing; Die meeste natuurlike gebiede in Suid-Afrika waar ekotoerisme bedryf word, is binne beskermde of groot wildplaasgebiede gelee. Ekotoerisme vorm deel van die nie-verbruikende benutting van natuurlike gebiede en word dikwels voorgehou as die mees ekonomiese en onderhoubare manier om sulke gebiede te benut. Behoudgerigte en diereregtegroepe bevorder ekotoeri ...

                                               

Byna-bedreigde spesie

’n Byna-bedreigde spesie is ’n spesie op die IUBN-rooilys, die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys van bewaringstatus, wat bedreig word deur moontlike uitsterwing in die nabye toekoms, hoewel dit nie tans kwalifiseer vir bedreigde status nie. Die IUBN glo dis belangrik dat dié status van tyd tot tyd hersien word. Die eienskappe van byna-bedreigde spesies is min of meer dieselfde as vir kwesbare spesies, soos die bedreiging van hul voortbestaan en voortplanting. Vanaf 2001 sluit dit ook spesies in wat afhanklik is van bewaringspogings om te ke ...

                                               

Bedreigde spesie

’n Bedreigde spesie is ’n organisme wat moontlik kan uitsterf, óf omdat die bevolkingsyfers baie laag is óf omdat ’n verandering in sy habitat ’n bedreiging inhou. In ’n eng sin word die term gebruik vir spesies in die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur se rooilyskategorie "Bedreigde spesies". Die meer algemene term sluit ook die IUBN-kategoriee Kritiek bedreigde spesies en Byna-bedreigde spesies in. Die unie het aan die hand van waarnemings tot en met 2006 bereken dat 40% van alle organismes op aarde bedreig is. Baie lande het spesiale wette wat sulke spesies beskerm: byv ...

                                               

Kwesbare spesie

’n Kwesbare spesie is ’n spesie wat op die IUBN-rooilys, die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys van bewaringstatus, aangedui word as waarskynlik om uit te sterf tensy die omstandighede verbeter wat sy voortbestaan en voortplanting bedreig. Daar is tans 4 728 diere en 4 914 plante wat as "Kwesbaar" geklassifiseer is, in vergelyking met 1998 se syfers van 2 815 en 3 222 onderskeidelik. Kwesbaarheid word gewoonlik veroorsaak deur die verlies of vernietiging van die spesie se habitat. So ’n spesie is nie bedreig of kritiek bedreig nie, maar uitw ...

                                               

Systema Naturae

Die boek Systema Naturae was een van die belangrikste werke van die Sweedse botanikus, dierkundige en geneeskundige Carolus Linnaeus. Die boek se volledige titel is Systema naturae per regna tria naturae, secundum classes, ordines, genera, species, cum characteribus, differentiis, synonymis, locis, of in Afrikaans: "Stelsel van natuur deur die drie koninkryke van natuur, volgens klasse, ordes, genera en spesies, met verskille, sinonieme, plekke".

                                               

Aarde

Die Aarde is die derde naaste planeet aan die Son. Dit is die vyfde grootste planeet in die Sonnestelsel en die grootste rotsplaneet wat deursnee, massa en digtheid betref. Die Aarde is die tuiste van miljoene spesies, waaronder die mens, en is die enigste plek in die heelal waar sover bekend lewe bestaan. Die planeet het 4.54 miljard jaar gelede ontstaan en lewe het binne die volgende miljard jaar op sy oppervlak verskyn. Dit het die Aarde se atmosfeer en oppervlak beïnvloed, wat weer gelei het tot die florering van aerobiese en anaerobiese organismes en tot die vorming van die osoonlaag. ...

                                               

Aardverwarming

Aardverwarming of globale verwarming verwys na die styging van die gemiddelde temperatuur van die aarde se atmosfeer en oseane. Sedert die begin van die twintigste eeu het die gemiddelde temperatuur met ongeveer 0.74 °C gestyg. Die algemene wetenskaplike konsensus is dat hierdie styging in temperatuur deur die versterking van die kweekhuiseffek veroorsaak word. Die kweekhuiseffek word weer op sy beurt hoofsaaklik bevorder deur die mensveroorsaakte toename van koolstofdioksied en ander kweekhuisgasse soos metaan en dryfgasse. Daar word voorspel dat die temperature tussen 1990 en 2100 met 1. ...

                                               

Biosfeer

Die biosfeer bestaan uit mense, diere en plante. Mense het baie natuurlike vyande, waarvan mikroskopiese organismes wat mense siek maak en hul lewens eis, van die gevaarlikste is. Mikrobes soos bakteriee en virusse wat ons siek maak, kan gewoonlik deur medisyne genees en voorkom word. Soms, soos in die geval van MIV/vigs, is daar egter nie n geneesmiddel nie. Epidemies en pandemies het in die verlede miljoene mense se lewens geeis en miljoene rande se skade veroorsaak, en dit gebeur selfs vandag nog. Tussen 1348 en 1350 het die Swart Dood naastenby 25% van die Europese bevolking uitgewis. ...

                                               

Droogte

n Droogte is n periode waartydens daar n tekort aan water is. Die hoofoorsaak van droogtes is n langdurige gebrek aan neerslag, veral in die vorm van reen, maar in gebiede waar grondwater belangrik is kan veranderinge in die ondergrondse watertafels ook na n waterskaarste toe lei. Droogtes wissel aansienlik in lengte; sommiges duur maande en jare, terwyl natter streke na slegs n paar weke sonder reen al n droogte kan ondervind. Droogtes kan aansienlike skade aan die ekonomie aanrig, die landbou lamlê en in erge gevalle selfs na ontvolking van hele streke toe lei. Ander effekte sluit in ond ...

                                               

Kavitasie

Kavitasie is die vorming en vernietiging van borrels in vloeistowwe deur drukveranderinge. Daar kan tussen twee grensgevalle onderskei word met baie oorgangsvorme daartussenin. By damp- of harde kavitasie bestaan die borrels hoofsaaklik uit die damp van die omliggende vloeistof. Sulke borrels sal dan onder die invloed van eksterne druk inplof. In sagte- of gaskavitasie bestaan die borrels uit opgeloste gasse in die vloeistof wat onder invloed van eksterne druk van grootte kan wissel maar nie vinnig vernietig word soos in die eerste geval nie.

                                               

Mensdom

Hierdie artikel handel oor die betekenis van die woord "mensdom". Vir ander soortgelyke betekenisse, soos "die mens as n spesie, en "menslikheid" volg die betrokke skakel. Die mensdom is n versamelnaam vir alle mense. Die mensdom is in staat om oor homself na te dink en ook om homself in andere se posisie in te dink. Voorts is die mensdom in staat tot die ontwikkeling van tegnologie, asook die daarstelling van wetenskaplike teoriee. Meer as enige ander biologiese spesie is die mensdom in staat om sy omgewing te verander, meestal tot sy eie voordeel. So kontroleer die mensdom byvoorbeeld lo ...

                                               

Nasionale park

n Nasionale park is n park wat deur die regering van n land as n nasionale beskermde gebied geproklameer is. Die doel van nasionale parke is gewoonlik om die diere, plante en landskap wat daar voorkom te beskerm en vir die nageslag te bewaar. Hierdie nasionale parke is oor die algemeen n trekpleister vir toeriste, wat ook hul grootste bron van inkomste is. Daar is verskeie nasionale parke oor die wêreld. Die Yellowstone Nasionale Park is in 1872 in die VSA geproklameer en word as die eerste nasionale park beskou. Die Noordoos-Groenland Nasionale Park, wat in 1974 tot stand gebring is, is d ...

                                               

Natuurramp

Vloede kom voor wanneer daar n oormatige hoeveelheid water op land wat gewoonlik droog is, voorkom. Daar is verskeie oorsake vir vloede: Oormatige of langdurige reenval, riviere wat oorstroom, damwalle wat meegee en ys wat vinniger as gewoonlik smelt, kan alles veroorsaak dat daar n vloed in n gebied voorkom. Vloede kan geleidelik opbou soos in die geval van verlengde reenval wat oorstromings veroorsaak. Dikwels is die massas water meer as wat die infraskruktuur in bewoonde gebiede kan hanteer en dan gee die dreine en pype mee wat die water moet wegvoer. Inwoners het dan gewoonlik kans om ...

                                               

Osoonuitputting

Osoonuitputting bestaan ​​uit twee verwante gebeure wat sedert die laat 1970s waargeneem is: n bestendige verlaging van ongeveer vier persent in die totale hoeveelheid osoon in die aarde se atmosfeer, en n veel groter afname in stratosferiese osoon rondom die aarde se poolgebiede in die lente. Laasgenoemde verskynsel word die osoongat genoem. Bykomend tot hierdie stratosferiese gebeure is daar ook lente pooltroposferiese osoonuitputtinggebeurtenisse.

                                               

Ysberg

n Ysberg is n groot stuk varswater ys wat van n gletser of yskap afgebreek het en in die see ronddryf. Die Engelse term iceberg is n leenvertaling van die Nederlandse ijsberg. Die digtheid van n ysberg is minder as die van seewater, wat beteken dat ysberge in die oseaan dryf. Die digtheidsverskil is egter nie baie groot nie en dus dryf slegs omtrent een tiende van die ysberg bo die water. Ysberge kom meestal naby die pole voor. Die feit dat slegs n gedeelte van die ysberg bo die water gesien kan word, hou potensieel n groot gevaar vir skeepvaart in. Seker die bekendste ysbergramp was toe d ...

Natuurreservaat
                                               

Natuurreservaat

n Natuurreservaat is n gebied wat opsygesit word vir die instandhouding en beskerming van die diere, plante en landskap wat daar voorkom en om dit vir die nageslag te bewaar. Jag van wild deur die publiek word gewoonlik nie toegelaat nie. Baie wildreservate is in Afrika gelee. Meeste is oop vir die publiek, en is gewild onder toeriste wat wild- en natuurlewe besigtig.

Wildreservaat
                                               

Wildreservaat

n Wildreservaat is n gebied wat opsy gesit word vir die instandhouding van wildlewe vir spesiebewaring, toerisme of jag. Baie wildreservate is in Afrika gelee. Meeste is toeganklik vir die publiek, en is gewild onder toeriste wat wild op safari wil besigtig.