Back

ⓘ Alles sal regkom




                                     

ⓘ Alles sal regkom

Alles sal regkom is n Afrikaanse rolprent wat in 1951 vrygestel is. Pierre de Wet het die regie behartig en die hoofrolspelers was Frederik Burgers, Al Debbo en Jan Jordaan.

                                     

1. Storielyn

Mnr. Spog en Mnr. Poel het snaakse maniertjies, maar hulle het groot harte en hulle doen omtrent alles in Spoggenpoelville. As iemand n skaap wil laat skeer, doen hulle dit, al lyk die skaap daarna soos n Franse poedel! As iemand se skuur afbrand, is hulle die brandweermanne wat eers alle papierwerk afhandel voordat hulle op hul noodtog vertrek. Hulle is ook die versekeraars, die burgemeester sowel as die onderburgemeester. Maar, wanneer twee ontwikkelaars hul vreedsame leefwyse kom versteur, moet Spog en Poel wys waartoe hulle regtig in staat is. Hoe sal hierdie twee goedhartige maar dom stadsvaders vaar?