Back

ⓘ Kontemporêre kuns




Kontemporêre kuns
                                     

ⓘ Kontemporêre kuns

Kontemporêre kuns is kuns wat in die hede geskep word. Kontemporêre kuns behels, en ontwikkel uit postmoderne kuns wat op sigself n opvolger van moderne kuns is. In omgangstaal is "modern" en "kontemporêr" sinonieme, wat tot n samesmelting van die terme "moderne kuns" en "kontemporêre kuns" deur oningeligtes lei.

                                     

1. Omvang

Sommige persone definieer kontemporêre kuns as kuns wat in "ons leeftyd" geskep is, en gee daarmee te kenne dat leeftye en lewensduur verskil. Daar is egter n besef dat hierdie generiese definisie aan gespesialiseerde beperkings onderwerp is.

Die klassifikasie van "kontemporêre kuns" as n spesiale soort kuns in plaas van n algemene bywoordelike frase, kan na die begin van Modernisme in die Engelssprekende wêreld teruggevoer word. In Londen het die kritikus Roger Fry en ander die Kontemporêre Kunsvereniging in 1910 gestig as n privaatvereniging vir die aankoop van kunswerke wat in openbare museums uitgestal is. n Aantal ander instellings wat die term gebruik het, is in die 1930s gestig, onder andere die Kontemporêre Kunsgenootskap van Adelaide, Australie, wat in 1938 gestig is, en n toenemende aantal ná 1945. Baie, soos die Instituut van Kontemporêre Kuns, Boston, het die woord "modern" uit hulle naam verwyder aangesien Modernisme op daardie tydstip as n historiese kunsbeweging gedefinieer is, en omdat baie "moderne" kunswerke nie meer as kontemporêr beskou kon word nie. Die definisie van wat kontemporêre kuns werklik is, is egter nie in sement gegiet nie; dit is in die hede geanker met n begindatum wat voortdurend vorentoe geskuif word, en die werke wat die Kontemporêre Kunsgenootskap in 1910 aangekoop het, kan nie meer as kontemporêr beskryf word nie.

Spesifieke tydstipte wat n verandering in kunsstyle aangedui het, sluit die einde van die Tweede Wêreldoorlog en die 1960s in. Daar was miskien n gebrek aan natuurlike breekpunte sedert die 1960s, en in die 2010s is daar wisselende, meestal onnoukeurige, definisies van wat "kontemporêre kuns" uitmaak, Kuns uit die afgelope 20 jaar word gewoonlik ingesluit, en definisies sluit dikwels kuns in wat uit die 1970s dateer; "die kuns van die laat 20ste en vroee 21ste eeu"; "die kuns van die laat 20ste en vroee 21ste eeu, albei n uitgroeisel en verwerping van moderne kuns"; "Steng gesproke verwys die term kontemporêre kuns na kuns wat deur kunstenaars geskep is wat vandag leef"; "Kuns uit die 1960s of 70s tot en met vandag"; en soms verder terug, veral in museumkontekste aangesien museums wat n permanente versameling van kontemporêre kuns huisves, dit verouderend vind. Baie gebruik die formulering "Moderne en Kontemporêre kuns" ten einde hierdie probleem te vermy. Kleiner kommersiele galerye, koerante en ander bronne gebruik soms strenger definisies deur die "kontemporêre" tot werke sedert 2000 te beperk. Kunstenaars wat na n lang loopbaan steeds produktief is, en voortgaande kunsbewegings kan n sekere uitdaging inhou; galerye en kritici is dikwels onwillig om hulle werk tussen die kontemporêre en niekontemporêre te verdeel.

                                     

2. Instellings

Die funksionering van die kunswêreld is afhanklik van kunsinstellings, wisselend van groot museums tot privaatgalerye, ruimtes sonder winsoogmerk, kunsskole en uitgewers, en die praktyke van individuele kunstenaars, kurators, skrywers, versamelaars en filantrope. n Groot verdeling in die kunswêreld bestaan tussen sektore mét en sektore sonder winsoogmerk. Gedurende die afgelope paar jaar het hierdie onderskeid egter al hoe vaer geword.

Die bekendste kontemporêre kunswerke word deur professionele kunstenaars by kommersiele kontemporêre kunsgalerye deur privaatversamelaars, kunsveilings, korporasies, staatsgefundeerde kunsorganisasies, kontemporêre kunsmuseums of deur kunstenaars self in kunstenaarsbestuurde lokale uitgestal. Kontemporêre kunstenaars maak n bestaan uit skenkings, toekennings en pryse sowel as deur direkte verkope van hulle werke. Beroepskunstenaars studeer aan kunsskole of tree uit ander terreine na vore.

Daar is oor die algemeen goeie verhoudings tussen staatsgefundeerde kunsorganisasies en die kommersiele sektor. In 2005 het die boek Understanding International Art Markets and Management berig dat n handvol handelaars die kunstenaars wat in toonaangewende staatsgefundeerde kontemporêre kunsmuseums uitgestal word, verteenwoordig.

Uitsonderlike boeke en tydskrifte en individuele versamelaars kan n aansienlike invloed uitoefen.

Korporasies het hulleself ook by die kontemporêre kunswêreld geïntegreer deur uitstallings op hulle persele te hou, kontemporêre kunstoekennings te organiseer en te borg, en omvangryke korporatiewe versamelings op te bou. Korporatiewe bemarkers gebruik dikwels die prestige wat met kontemporêre kuns geassosieer word om verbruikers se aandag op luukse goedere te vestig.

Kunsinstellings is al daaroor gekritiseer dat hulle voorskryf wat as kontemporêre kuns beskou word. Buitestanderkuns "outsider art" is byvoorbeeld letterlik kontemporêre kuns daarin dat dit vandag geskep word. Een kritikus het egter geredeneer dat dit nie as sodanig beskou kan word nie aangesien die kunstenaars selfopgelei is en dus buite n kunshistoriese konteks werk. Handwerkaktiwiteite soos tekstielontwerp word ook by kontemporêre kuns uitgesluit, ondanks groot opkomste by uitstallings. Volgens die kunskritikus Peter Timms moet daar gelet word op die feit dat handwerkvoorwerpe spesifieke waardes moet onderskryf ten einde by kontemporêre kuns ingesluit te word. "n Keramiekvoorwerp wat gemaak is om kommentaar oor die aard van skoonheid te lewer, staan n groter kans om by die definisie van kontemporêre kuns ingesluit te word as een wat eenvoudig mooi is."

n Spesifieke plek of groep kunstenaars kan op enige tydstip n groot invloed op latere kontemporêre kuns hê. Die Ferus Gallery was byvoorbeeld n kommersiele galery in Los Angeles en het in die laat vyftiger- en die sestigerjare nuwe lewe in die Kaliforniese kontemporêre kunstoneel geblaas.

                                     

3. Openbare gesindhede

Kontemporêre kuns blyk soms haaks te wees met n publiek wat nie voel dat kuns en kunsinstellings hulle waardes deel nie. In Brittanje het kontemporêre kuns in die 1990s deel van populêre kuns geword, en kunstenaars is as sterre beskou, maar dit het nie tot die "kulturele utopie" gelei waarop daar gehoop is nie. Sommige kritici soos Julian Spalding en Donald Kuspit het beweer dat skeptisisme, selfs verwerping, n geldige en redelike reaksie op baie kontemporêre kuns is. In n essay getiteld "Art Bollocks" kritiseer Brian Ashbee "baie installasiekuns, fotografie, konseptuele kuns, videos en ander praktyke wat algemeen as postmodern bekendstaan, as te afhanklik van verbale verduidelikings in die vorm van teoretiese diskoers.

                                     

4. Kwelling

n Algemene kwelling sedert die vroee 20ste eeu is die vraag oor wat presies kuns uitmaak. In die kontemporêre periode 1950 tot nou kan die konsep van avant-garde gebruik word om vas te stel watter kuns deur galerye, museums en versamelaars uitgesonder word. In sekere omstandighede word propaganda en vermaak gedurende die kontemporêre kunsperiode as kunsgenres beskou.

                                     

5. Pryse

Die kompetisies, toekennings en pryse in kontemporêre kuns sluit die volgende in:

  • Jindřich Chalupecký Award vir Tsjeggiese kunstenaars onder 35
  • Ricard Prize vir n Franse kunstenaar onder 40
  • Kandinsky Prize vir Russiese kunstenaars onder 30
  • Turner Prize vir Britse kunstenaars onder 50
  • The Winifred Shantz Award for Ceramists, toegeken deur die Canadian Clay and Glass Gallery
  • Hugo Boss Prize toegeken deur die Solomon R. Guggenheim Museum
  • John Moores Painting Prize
  • Vincent Award, The Vincent van Gogh Biennial Award vir Kontemporêre kuns in Europa
  • Marcel Duchamp Prize toegeken deur die ADIAF en Centre Pompidou
  • Asia Pacific Breweries Foundation Signature Art Prize
  • Deelname aan die Whitney Biennial
  • Upcoming Artist Award deur The Aldrich Contemporary Art Museum
  • Factor Prize in Southern Art