Back

ⓘ Johnny Depp




Johnny Depp
                                     

ⓘ Johnny Depp

John Christopher Johnny Depp II is ’n Amerikaanse akteur, rolprentvervaardiger en musikant wat al onder meer die Golden Globe vir beste akteur gewen het.

                                     

1. Loopbaan

Depp word beskou as een van die beste akteurs ter wêreld. Hy het in die 1980s bekend geraak in die televisiereeks 21 Jump Street en ’n tiener-idool geword. Sedertdien het hy uitdagende rolle aanvaar – onder meer in Oliver Stone se Vietnamoorlogsprent Platoon 1986, die donker romantiese fantasie Edward Scissorhands 1990, die drama oor ’n disfunksionele gesin Whats Eating Gilbert Grape 1993, saam met ’n jong Leonardo DiCaprio, die biografiese prent Ed Wood 1994 en die misdaaddrama Donnie Brasco 1997.

Hy het ook sukses behaal in die fantasie-avontuurprent Sleepy Hollow 1999, die fantasieprent Pirates of the Caribbean: The Curse of the Black Pearl 2003 en sy opvolge, die musiekavontuurfliek Charlie and the Chocolate Factory 2005, die semibiografie Finding Neverland, die fantasieprent Alice in Wonderland 2010 en as die stem van die titelkarakter in die animasie-aksiekomedie-western Rango 2011.

Depp is vir verskeie rolprentpryse benoem, onder meer drie Oscars. Hy het ’n Golden Globe gewen vir Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street 2007 asook ’n Screen Actors Guild Award vir Pirates of the Caribbean: The Curse of the Black Pearl. Die Guinness World Records het hom in 2012 gelys as die akteur wat die meeste verdien $75 miljoen.

In 1999 het hy ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry en in 2015 het hy ’n "Disney Legend" geword.