Back

ⓘ Lys van Assiriese konings




Lys van Assiriese konings
                                     

ⓘ Lys van Assiriese konings

Die onderstaande lys van Assiriese konings is veral gebaseer op die Assiriese Koningslys – lyste van konings van dié antieke koninkryk in Noord-Mesopotamie, met inligting bygevoeg uit onlangse argeologiese vondste. Die Assiriese Koningslys sluit regeertye in wat gebaseer is op nou verlore limmu -lyste. Die regeertye stem ooreen met koningslyste van die Hetiete, Babilonie en Antieke Egipte asook met argeologiese rekords, en word beskou as betroubaar vir dié tydperk.

Die nommers van 1 tot 110 weerspieel die nommers op die lys, en volg van daar vir konings ná Salmanasser V wat nie op ontdekte lyste voorkom nie.

Die konings van Assirie was tot in 1813 v.C. primi inter pares die eerste onder gelykes, maar Samsi-Adad I het die absolute monargie in Assirie ingestel.

In 612 v.C. het Nineve, die Assiriese hoofstad, geval voor die Mede en Babiloniers. Gesteun deur die Perse en Egiptenare, het ’n Assiriese generaal nog bly regeer vanuit Harran totdat dit ook verower is.